top of page

Remediërende Onderwys

Met remediërende onderrig word daar by Fonteine gepoog om leerders met spesifieke probleme ten opsigte van verskeie vaardighede, individueel en in klein groepies behulpsaam te wees. Hier help ons die leerders spelenderwys en probeer om op so 'n manier die agterstand wat die leerder mag ervaar te verbeter.

 

Ons fokus op die leerders se motoriese vaardighede asook hul visuele- en ouditiewe persepsies. Ons gee ook aandag aan die leerders se konsentrasie en leesvermoë wat baie belangrik is. Die leerders geniet die aktiwiteite in ons

RO-klas baie en ons sien daadwerklike verbetering in hul skoolwerk asook hul menswees. Ons motiveer en inspireer ons leerders wat lei tot 'n beter selfbeeld asook meer selfvertroue om 'n taak met gemak uit te voer. Ons streef daarna om elke individu se volle potensiaal te verwesenlik.

 

Onderwyseres:

Me Corné Prinsloo

bottom of page