Mini-Comrades

Elke jaar hou Fonteine hulle eie Mini-Comrades dag.

Leerders trek gemaklike klere met tekkies aand en hardloop/stap ‘n roete om die skool.

 

Al die personeel is op sleutelpunte om veiligheid te verseker en staan ook gereed met ‘n ysie of water vir die drawwers. Die eindstreep is op die rugbyveld en ‘n sekere aantal seuns en dogters ontvang medaljes.

 

Daar is ook verskeie ander pryse vir die deelnemers.