On-Cue

Ons giggel, skaterlag, hou asem op, dans en sing spontaan saam wanneer On-Cue teaterproduksies ons jaarliks besoek. Hierdie kleurvolle akteurs gebruik skerp humor en vrolike musiek om ‘n belangrike boodskap oor te dra.

 

Ja, en van die oudste tot die jongste Fonnie geniet hulleself gate uit!

 

On-Cue produksies besoek ons skool aan die einde van die tweede kwartaal.