Oueraande

Oueraande vind plaas tydens die eerste, tweede en derde kwartaal. 

U as ouer kan dan die geleentheid kry om u kind se leerkrag te kom sien en sy/haar akademiese vordering bespreek indien nodig.

 

Indien u 'n probleem het wat andersins hanteer moet word, is u meer as welkom om 'n telefoniese afspraak by die skool te maak wat u en die leerkrag sal pas.