top of page

Graad R - Gradeplegtigheid

​

Tydens hierdie plegtigheid word die leerders beloon vir hulle harde werk gedurende die jaar.

 

Kleine Fonteine sluit die jaar af met 'n konsert asook 'n gradeplegtigheid. Kleuters word geluk gewens terwyl trotse ouers hierdie groot oomblik deel.

​

Junior Primêre Prysuitdeling

(Graad 1-3)

​

Al die graad 1 leerders ontvang 'n loopbaansertifikaat waarop daar 'n foto van elkeen is. Leerders ontvang ook sertifikate vir buitemuurse- en kultuuraktiwiteite waaraan hulle deelgeneem het. Talle trofeë en boekpryse word ook toegeken. Hierdie is voorwaar 'n spoggeleentheid.

Senior Primêre Prysuitdeling

(Graad 4-7)

​

Meriete-aand word gehou om erkening te gee aan leerders wat presteer het op alle gebiede: Akademies, Kultuur en Sport.

Die veelsydigste graad 7 leerders op al die gebiede word ook aangewys. Daar word erkening gegee aan leerders wat aan buiteskoolaktiwiteite deelneem indien hulle 'n 1ste, 2de of 3de plek op SA Kampioenskappe behaal.

bottom of page